Sunday, May 13, 2012

Tafel Poësie



Ek droom al lank van my woorde op lap. Dit het begin as Kersgeskenke vir familie en toe begin ek bestellings kry; eers by vriende en toe by vriende van vriende.  Die lint aan die bokant kom in verskeie kleure. Hierdie is die swart. My persoonlike gusteling is die rooi. Fotos sal volg! Ek noem dit tafel poësie en die servette is maar net die begin...





Pret pakkie


Uiteindelik 'n nuwe ontwerp. Dit het my 'n ewigheid gevat om die val reg te kry, maar dis die moeite werd. Daar is 'n bietjie kant ingebring onder die val vir die pret. Want ons kan.